Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26384] Do, 16 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude

Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geëmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëts,
is 'n onophoudelike weerligstraal.
Re: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26453 is 'n antwoord op boodskap #26384] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

reisiger wrote:

> Nie vir altyd nie. Dinge gaan vinnig gebeur. Onthou die 2
> miljoen motors in die VSA wat weggery het vir die orkaan.
>
> Hou die agterdeur oop. Moet dit nooit toemaak nie.
> Ons is lief vir julle.

Ek dink in hierdie kuberwereld het geografiese grense nou bietjievervaag. Ek
verbaas my net hoe my man byvoorbeeld hom integreer
in die Afrikaner-milieu deur te chat op die internet. Spesifiek met
familie-lede, sommer so in die algemeen as hy lus voel. Hy was een
van die duisende wat weggery het vir die orkaan van apartheid. Nou
hoef hy nie eens meer fisies terug te gaan nie.

Gloudina
Re: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26454 is 'n antwoord op boodskap #26384] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Hy was een
> van die duisende wat weggery het vir die orkaan van
> apartheid. Nou
> hoef hy nie eens meer fisies terug te gaan nie.
> Gloudina

Niks is konstant nie. Die lewe loop snaakse draaie met 'n
mens, en eendag as 'n mens terugkyk, sal jy verstaan.
Vandag verstaan ek. ALLES wat 'n mens ontvang het deur die
lewe is die moeite werd, en het bygewerk tot 'n rede vir
hierdie oomblik. Om hier uit te kom. En andere te help om
'n beter lewe te hê.

Re: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26455 is 'n antwoord op boodskap #26384] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
reisiger wrote:
> In article ,
> @sympatico.ca
> wrote:
>> DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
>> Charl-Pierre Naude
>> Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
>> in herinnerings terugvind? Weerlig klap
>> en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
>> van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
>> Maar in die vlugtige Seance van geheue
>> kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:
>> My vriende wat geëmigreer het sing
>> hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
>> Die wynvlek op =91n tafelblad vee ek skoon;
>> maar die houtgrein self toon =91n waterpatroon.
>> Ek onthou die oomblik se onseker praal
>> wat verblindend in die hemel gerank het;
>> die na-lig, teen my toe ooglede afgeëts,
>> is =91n onophoudelike weerligstraal.
>> My vriende wat geïmigreer het sing hoog
> Nie vir altyd nie. Dinge gaan vinnig gebeur. Onthou
> die 2
> miljoen motors in die VSA wat weggery het vir die
> orkaan.
> Vertel my meer asb. Sal vir julle e-pos wanneer om
> terug
> te kom. Hou die agterdeur oop. Moet dit nooit toemaak
> nie.
> Ons is lief vir julle. Later sal almal verstaan. Wil
> nie
> nou sê nie.
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The
> Internet's Discussion Network *
> The fastest and easiest way to search and participate
> in Usenet - Free!

> Nie vir altyd nie.

Vir langer as altyd.

> Dinge gaan vinnig gebeur.

Pragtige dinge gaan ook vinniger gebeur, as 'n mens by
jouself begin, en pragtige dinge vir andere doen.

> Onthou die 2 miljoen motors in die VSA
> wat weggery het vir die orkaan.
> Vertel my meer asb.

Stel nie belang nie. Vergeet daarvan.

> Hou die agterdeur oop. Moet dit nooit toemaak
> nie.

Maak dit toe as julle wil. Nie 'n probleem nie.

> Later sal almal verstaan. Wil nie nou sê nie.

Miskien, miskien nie. 'n Mens is 'n nietige swakkeling, wat
deur die genade van God leef. Ons ken nie God se wil nie.

Re: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26456 is 'n antwoord op boodskap #26384] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
> Charl-Pierre Naude
> Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
> in herinnerings terugvind? Weerlig klap
> en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
> van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
> Maar in die vlugtige Seance van geheue
> kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:
> My vriende wat geëmigreer het sing
> hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
> Die wynvlek op =91n tafelblad vee ek skoon;
> maar die houtgrein self toon =91n waterpatroon.
> Ek onthou die oomblik se onseker praal
> wat verblindend in die hemel gerank het;
> die na-lig, teen my toe ooglede afgeëts,
> is =91n onophoudelike weerligstraal.

> My vriende wat geïmigreer het sing hoog

Nie vir altyd nie. Dinge gaan vinnig gebeur. Onthou die 2
miljoen motors in die VSA wat weggery het vir die orkaan.
Vertel my meer asb. Sal vir julle e-pos wanneer om terug
te kom. Hou die agterdeur oop. Moet dit nooit toemaak nie.
Ons is lief vir julle. Later sal almal verstaan. Wil nie
nou sê nie.

Vorige onderwerp: Boplaas het weer toegeval
Volgende onderwerp: Re: "Droee Waterval" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:59:09 MGT 2024